Kaapstad nou
RegstreeksKaapstadKaapstad Leefwyse
Regstreeks nou
Nuus

Kaapse wintermarkte kom na buurtsale

Wanneer die wind optel, skuif stalletjies binnetoe en hou gemeenskappe hul Saterdae aan die gang.

Bianca February||4 min leestyd
Markligte in 'n gemeenskapsaal

Kaapse winterweer is nie altyd markvriendelik nie. Daarom skuif al hoe meer buurtmarkte na sale, kerkhale en skoolgeboue waar sop, brood en musiek teen die wind beskerm word.

Die binnenshuise weergawe het sy eie bekoring. Stalletjies staan nader aan mekaar, gesprekke dra verder, en kinders beweeg veilig tussen tafels sonder dat almal die wolke dophou.

Vir klein makers hou dit die seisoen lewendig. Vir buurtes gee dit 'n warm rede om uit die huis te kom wanneer die weer andersins nee se.

Meer in Nuus